Gukurahundi in Zimbabwe: An Epistemicide and Genocide

Authors

  • William J. Mpofu

Abstract

That in political conflict and war the truth becomes a casualty that is sacrificed on the altar of expediency is an observation that is traceable to the ancient Greek tragedian, Aeschylus. It is no accident that it had to be a student of tragedy and the workings of evil who noted how truth and knowledge are the first to be murdered before individuals and populations of human beings are slaughtered in armed operations by those that seek to conquer, dominate and rule others by hook or by crook. The Gukurahundi Genocide of 1983 to 1987 in Zimbabwe began with the desire by Robert Mugabe and his Zimbabwe African National Union Patriotic Front (ZANU-PF) political party for one party state rule under a life presidency. For that dark goal to be achieved the political opposition in shape of the Zimbabwe African People’s Union (ZAPU) had to be eliminated. All manner of political constructions, naming and labelling were conducted to create the conditions for and justification of an armed operation against ZAPU and its leader, Joshua Nkomo. The political and human identities of those that had to be eliminated were changed to enemies, dissidents, snakes and chaff itself. On the Gukurahundi Genocide, scholars have prevalently dwelt on controversies surrounding the numbers of the dead and the enduring effects of the killings. This article is a consideration of the assassinations of the truth and knowledge, the epistemicide, which preceded, accompanied and followed the Gukurahundi Genocide. Truth and knowledge die before, during and after genocide.

 

Opsomming

’n Wysheid wat teruggevoer kan word na die ou Griekse tragikus, Aischulos, is dat die waarheid tydens konflik en oorlog, ’n slagoffer word wat op die altaar van dienstigheid geoffer word. Dit is nie per ongeluk of toeval nie dat dit 'n tragedie student en 'n waarnemer van bose handelinge was wat opgemerk het hoe die waarheid en kennis opsigself die eerste is om vermoor te word, voordat individue en menslike bevolkings afgemaai word in gewapende krygsverrigting deur diegene wat ander ten alle koste wil verower, oorheers en regeer. Die Gukurahundi volksmoord van 1983 tot 1987 in Zimbabwe het begin met die begeerte van Robert Mugabe en sy politieke party, Zimbabwe African National Union Patriotic Front (ZANU PF), om 'n enkelparty staats bewind onder 'n lewenslange presidentskap te bewerkstellig. Om Mugabe se lewenslange presidentskap en ZANU PF se enkelparty staatsbewind te verwesenlik, moes die politieke opposisie in die vorm van Zimbabwe African People’s Union (ZAPU) uitgeskakel word. Om die leierskap van Mugabe en sy party te opponeer, is beskou as 'n misdaad wat met die dood strafbaar is. Alle vorme van politieke konstruksies, naamgewing en etikettering is toegepas om die omstandighede vir, en regverdiging van, gewapende krygsverrigting teen ZAPU en hul leier, Joshua Nkomo daar te stel. Die politieke en menslike identiteite van diegene wat uit die weg geruim moes word, is verander na vyande, dissidente, slange en kaf. Selfs die volksmoordenaar kan nie die moed bymekaar skraap om mense in getalle uit te moor nie, hy moet eers hul identiteit wysig en hulle ander dinge en moorbare voorwerpe noem. Wat die Gukurahundi menseslagting betref, het akademici, joernaliste en aktiviste oorwegend gefokus op twispunte oor die sterftegetalle en die blywende gevolge van die slagting. Hierdie artikel is 'n oordenking van die uitwissing van die waarheid en kennis; die kennismoord, wat die Gukurahundi volksmoord voorafgegaan, dit vergesel, en daarop gevolg het. Waarheid en kennis sterf uit voor, tydens en na afloop van menseslagtings.

Metrics

Metrics Loading ...

Downloads

Published

2021-06-01

How to Cite

Mpofu, William J. 2021. “Gukurahundi in Zimbabwe: An Epistemicide and Genocide”. Journal of Literary Studies 37 (2):40-55. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/11038.