Media, Minority Discourses and Identity Politics in Post-Genocide Rwanda

Authors

  • Urther Rwafa University of South Africa

Abstract

This article explores how media has been used to shape the contours of political debate and ethnic identities in post genocide Rwanda. The article will argue that although the government of Paul Kagame has loosened control on media, its obsession with constructing an “exeptionalised genocide narrative”, has been to a larger measure used as a weapon to gag media freedom. The poor and marginalised Rwandans or “minority discourses” find it very difficult to express their political identities outside the officially sanctioned spaces and categories. The consequence is a fundamentally flawed political narrative that the state uses to practice state sanctioned media censorship, eliminate “dissenting” voices and destroy civic society. Also, in post genocide Rwanda, there is a worrisome tendency by the government in which citizens are categorised into two groups, described as “saints” and “sinners”, although this is veiled under the policy of “Rwandanicity”. This binary categorisation of society, which is also used to (re)configure state owned media narratives, is heavily contested in this article because it discourages the emergence of alternative “voices” and “discourses” which can confront the politics of inclusion and exclusion practiced by the state based on who was a “victim” or “perpetrator” of violence during the 1994 genocide. It is also going to be unveiled how private media is often accused by the state for causing “ethnic divisionism”, “negationism”, and of harbouring an “ethnic ideology and genocide mentality”. The degree to which media contest the manipulation of “truths”, challenge the monopoly on knowledge construction, and of political correctness by the state will reflect the extent to which the government can either constrict or democratise media space for full citizen participation in post genocide Rwanda.

 

Opsomming

 Hierdie artikel stel ondersoek in na die wyse waarop die media gebruik word om vorm te gee aan die kontoere van politieke debat en etniese identiteite in Rwanda na die volksmoord. Die artikel voer aan dat alhoewel die regering van Paul Kagame hul greep op die media verslap het, hulle ’n obsessie het oor die skepping van ’n “uitsonderlike volksmoordnarratief”, en dat dít grootliks gebruik word as wapen om die media te muilband. Arm en gemarginaliseerde Rwandese of minderheidstemme vind dit baie moeilik om uitdrukking te gee aan hulle politieke identiteite buite die amptelik bekragtigde ruimtes en kategoriee. Die gevolg hiervan is ’n politieke narratief wat fundamenteel tekortskiet en deur die staat ingespan word om media sensuur te beoefen, andersdenkende stemme uit die weg te ruim en die burgerlike samelewing te vernietig. In Rwanda na die volksmoord is daar ook ’n kommerwekkende regeringstendens om landsburgers in een van twee kategoriee te plaas: hulle is of “heiliges” of “sondaars”. Hierdie binere klassifisering van die samelewing, wat ook gebruik word om staatsbeheerde medianarratiewe te (her)konfigureer, word in hierdie artikel die stryd aangese omdat dit die totstandkoming van alternatiewe “stemme” en “diskoerse” ontmoedig. Sulke stemme en diskoerse ontmoedig die politiek van in en uitsluiting, soos beoefen deur die staat op grond daarvan of persone die slagoffers of plegers van geweld was tydens die 1994-volksmoord. Die artikel toon hoe private media dikwels deur die staat daarvan beskuldig word dat hulle “etniese verdeling” en “negering” veroorsaak, en ’n “etniese ideologie en volksmoordmentaliteit” koester. Die mate waartoe die media die manipulering van “waarhede” teenstaan en die monopolie op kennis uitdaag, en die staat se politieke korrektheid, weerspieel in watter mate die regering die mediaruimte (en alle Rwandese se deelname daarin na die volksmoord) kan vernou of demokratiseer. ’n Kort opname toon hoe die media gebruik is om die agenda vir geweld te stel deur etniese identiteite tydens die 1994 volksmoord te manipuleer. Die opname gee die toon aan vir die argument deur die mag van die media in Rwanda na te speur. Die media se rol in die bevordering van vrede en stabiliteit in Rwanda na die volksmoord word ondersoek. Hierdie artikel wys hoe Kagame die media suksesvol inspan om goeie diplomatieke bande met die buiteland (veral Engelssprekende lande) te smee, maar dit wys ook daarop dat Kagame dieselfde media gebruik om “volksmoordkrediet” te kry en ondersteuning deur die Weste (wat gebuk gaan onder skuld omdat hulle nie daadwerklik opgetree het tydens die volksmoord nie) te bewerkstellig. Laastens word die minderheidsdiskoerse en die nuwe identiteitspolitiek in hierdie artikel voorafgegaan deur mediastories oor politieke teistering, gedwonge ballingskap, staatsontvoerings en grusame moorde op staatsbevel, die risiko’s wat enige kandidaat loop indien hulle dit sou waag om die politieke legitimiteit van die Rwandese Politieke Front (RPF), gelei deur Paul Kagame, in Rwanda na die volksmoord uit te daag.

Metrics

Metrics Loading ...

Downloads

Published

2021-06-01

How to Cite

Rwafa, Urther. 2021. “Media, Minority Discourses and Identity Politics in Post-Genocide Rwanda”. Journal of Literary Studies 37 (2):85-102. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/11043.