The Language of the Gukurahundi Genocide in Zimbabwe: 1980-1987

Authors

  • Brian Sibanda University of the Free State

Abstract

The Gukurahundi genocide in Zimbabwe claimed more than 20 000 lives in the Matebeleland and Midlands provinces of the country at the hands of the state and its militia for political and tribal reasons. This article seeks to demonstrate how language, through hate speech, naming, symbolisation, dehumanisation, and classification, justified and rationalised Gukurahundi. While the linguistic conventions used by state actors before and during Gukurahundi did not cause genocide, it created two social climates, one that legitimised tribal and political hatred, thus eliminating any social sanctions preventing genocide and the other that unmasked the state sponsored genocide clothed as a necessary military exercise against dissidents. This article employs Allport’s (1954) Scale of Prejudice and Stanton’s (2016) eight stages of genocide as a tool of making sense of the social processes that create society’s progression from prejudice and discrimination to genocide; how through language conventions, the unthinkable becomes acceptable through the erosion of moral, social, religious and rational boundaries. Linguistic conventions show how power is enacted through discourse, how language acts prepare and maintain the way for physical and material acts, and how the same language conventions generate permissions for Gukurahundi, the Rwanda genocide and the Holocaust, amongst others. To demonstrate the permissibility conditions for non linguistic behaviours like Gukurahundi, this article addresses the metaphor of Gukurahundi, the dehumanisation of the victims, political and religious constructions and the reconstruction of the "other".

 

Opsomming

Die Gukurahundi volksmoord in die Matabeleland en Middellande provinsies van Zimbabwe het meer as 20 000 lewens geeis. Die volksmoord is gepleeg deur staats en verdedigingsmagte om politieke en stam oogmerke te behaal. Hierdie artikel poog om te toon hoe taal, deur middel van haatspraak, naamgewing, simbolisering, verontmensliking en klassifisering, die Gukurahundi kon regverdig en rasioneel kon maak. Hierdie linguistiese konvensies word aangewend om te toon hoe taal gebruik is om mense se volksidentiteit af te baken terwyl dit ander se volksidentiteit afgemaak en bevraagteken het. Die linguistiese konvensies wat voor en na Gukurahundi deur die staatsrolspelers ingespan is, het nie volksmoord veroorsaak nie, maar dit het twee maatskaplike klimate geskep: een wat stam en politieke haat wettig maak, en dus enige sosiale sanksies wat volksmoord sou verhoed, uit die weg ruim; en ’n ander wat ’n volksmoord wat deur die staat goedgekeur en bevorder word, en wat voorgehou word as nodige militere optrede teen andersdenkendes, aan die kaak sou stel. Hierdie dokument gebruik Gordon Allport (1954) se Vooroordeleskaal (Scale of Prejudice) en Gregory Stanton (2016) se agt stadiums van volksmoord om sin te maak van die sosiale prosesse wat dit vir die samelewing moontlik maak om van vooroordeel en diskriminasie tot by volksmoord te  vorder. Dit kyk hoe taalkonvensies meebring dat die ondenkbare aanvaarbaar word deur morele, sosiale, godsdienstige en rasionele grense te ondermyn. Linguistiese konvensies werp lig op die wyse waarop mag deur diskoers bepaal word, hoe taalhandelinge die weg voorberei vir fisieke en wesenlike handelinge, en hoe dieselfde taalkonvensies verlof gegee het dat die Gukurahundi, die Rwandese volksmoord, die Jodeslagting, ensovoorts kon plaasvind. Hierdie artikel gebruik die metafoor van die Gukurahundi, die verontmensliking van die slagoffer, politieke en godsdienstige konstrukte, en die rekonstruksie van die “ander” om te toon wat die toelaatbaarheidsvoorwaardes vir nie linguistiese optrede, soos die Gukurahundi, is.

Metrics

Metrics Loading ...

Downloads

Published

2021-06-01

How to Cite

Sibanda, Brian. 2021. “The Language of the Gukurahundi Genocide in Zimbabwe: 1980-1987”. Journal of Literary Studies 37 (2):129-45. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/11049.