Plagiaat? Appropriasie? Kulturele oorplanting? Huldiging?: Brandende kwessies rondom mondelinge tradisies – Eugène Marais en die San opnuut bekyk
Abstract
South African literature has a long history of cultural translation or transplantation from the San or Bushman[2] oral tradition. This phenomenon of the appropriation of the voice of the extinct San can be traced though all genres, but is especially prevalent in children’s books, poetry, and fiction. Through a historical overview of degrees of cultural translation (in all its literary variations) clarification is sought for issues involved in Stephen Watson’s plagiarism charge in 2005 against Antjie Krog for her The Stars Say “tsau” (2002). The central question is whether this practice of importing elements of San orality and culture into South African literature constitutes an illegal appropriation of the First People’s heritage, or whether it is an ongoing form of homage, as George Steiner suggested of all forms of translation in 1999. Read as a tribute, keeping San cultural memory alive, this literature on cultural transplantation is an archive consisting of the stronger culture’s interpretations of an extinct tradition, with the latter-day “bacteria of values invisible but invidious” (Leggo 1995: 40). Eugène Marais’s Dwaalstories (1927) serves as a final focal point.
Opsomming
Die benaming van hierdie “eerste mense” is steeds ’n punt van debat. In politieke kringe verkies afstammelinge weens sensitiwiteit die generiese naam San (wanneer nie na ’n spesifieke groep met hul eie taal, soos die uitgestorwe /Xam) verwys word nie. Dit is egter in Khoi-taal ’n skeldwoord wat “rondloper” of “vabond” beteken. Die Namibiese San, soos die Ju’/hoan, gebruik die term “Boesmans”, wat wyer begryp word. In wetenskaplike ge-skrifte, soos dié van Robert Gordon in The Bushman Myth ([1992]2000: 4-8, 177) is daar voorkeur vir rekuperasie van die term “Boesman”, aangesien dit duideliker is, en “San” in ieder geval ook ras-pejoratiewe tone het in Khoi.
“Khoisan” is ’n woord wat in die vroeg twintiger jare gemunt is deur Schultze, en inklusief gebruik word om na alle afstammelinge van die eerste inheemse mense, van sowel Khoi- as San-herkoms, te verwys. Daar is in die algemene spreektaal groot onstabiliteit en misverstand rondom hierdie terme, ten spyte van die wetenskaplike diskoers. Om geeneen aanstoot te gee nie, is “San” waarskynlik die veiligste term.
Suid-Afrikaanse letterkunde het ’n lang geskiedenis van kulturele vertaling of oorplanting van materiaal uit die San of Boesman[1] mondelinge tradisie: veral in kinder- en jeugboeke, poësie en prosa. Deur ’n historiese oorsig van verskillende grade van kulturele vertaling (in al sy literêre variasies), word helderheid gesoek vir die kwessies rondom Stephen Watson se plagiaatbeskuldiging in 2005 van Antjie Krog vir haar The Stars Say “tsau” (2002). Die sentrale vraag is of die invoer van elemente uit San-oraliteit en -kultuur in die Suid-Afrikaanse letterkunde onwettige appropriasie van die Eerste Mense se erfenis is, of eerder ‘n vorm van huldiging, soos George Steiner in 1999 van alle vorms van vertaling gesuggereer het. Gelees as huldiging, wat die San kulturele geheue lewendig hou, is hierdie letterkunde van kulturele oorplanting ’n argief wat bestaan uit die sterker kultuur se interpretasies van ’n uitgestorwe tradisie, met die eietydse “bacteria of values invisible but invidious” (Leggo 1995: 40). As finale fokuspunt dien Eugène Marais se Dwaal-stories (1927).
Metrics
Downloads
Published
How to Cite
Issue
Section
License
Copyright (c) 2008 JLS/TLW
This work is licensed under a Creative Commons Attribution-ShareAlike 4.0 International License.