Verhaal as heimwee na die droom van geborgenheid

Authors

Abstract

In de Vries's volume of short stories, Tot verhaal kom (2003), narration as means of understanding is investigated. In spite of the "narratavistic turn" in the humanities, de Vries takes a critical stance towards the possibilities of narration to help us to understand the world and ourselves. The closure offered by narratives might assist us to find meaning in our world but in all the short stories in this volume there is a consciousness that the closure offered by the stories is not enough. All perceptions, all emotions and experiences, can simply not be narrated. In every story, it does not matter how well it is constructed, there is still something elusive that escapes closure. Therefore another story is always needed. These stories often reflect on those elusive elements that are excluded from the narration and of which one cannot be really aware at the time of narrating.

 

Opsomming

In De Vries se bundel kortverhale Tot verhaal kom (2003), word vertelling as verstaanshandeling ondersoek. Ten spyte van die "narratiewe wending" in die geesteswetenskappe, is daar by De Vries nie ‘n gemaklike aanvaarding van narratiewe teorie as oplossing vir ons gebrek aan begrip nie. Die sluiting wat verhale kan bied, hou wel geborgendheid in. Maar in al die verhale in hierdie bundel is daar 'n bewustheid dat die sluiting van verhale, hoewel dit die enigste manier is waarop mense kan probeer om sin te maak van hulle wêreld, nogtans nie genoegsaam is nie. Alle waarnemings, alle emosies en ervarings, kan eenvoudig nie volledig weergegee word nie. Daar is aan elke vertelling, hoe goed afgewerk ook al, steeds iets wat ontglip. Gevolglik is daar altyd nóg 'n verhaal nodig. Dít wat uitgesluit word, is dikwels nie nóú kenbaar nie. 'n Mens is, in jou gretige poging om geborgenheid te vind in die samehang, meestal onbewus daarvan dat iets uitgesluit word. Om tot verhaal te kom is dus meer as om te probeer om 'n samehangende greep op die werklikheid te kry. In hierdie kortverhale is vertellings ook pogings om 'n bewustheid van die voorlopigheid van die weergawe te behou en om reeds in elke vertelling iets van die onbekende, uitgeslote "iets", te suggereer en te verken.

 

Metrics

Metrics Loading ...

Author Biography

Willie Burger, University of Johannesburg

Willie Burger is professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Johannesburg. Hy het oor ’n wye aantal temas in ’n verskeidenheid vaktydskrifte en in boeke gepubliseer. Hy was mederedakteur (saam met Helize van Vuuren) van Sluiswagter by die dam van stemme oor Karel Schoeman (2002). Hy is die skrywer van twee essaybundels onder die titel Pa se stem (2003 en 2005).

Downloads

Published

2008-06-01

How to Cite

Burger, Willie. 2008. “Verhaal As Heimwee Na Die Droom Van Geborgenheid”. Journal of Literary Studies 24 (2):85-102. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/12614.

Issue

Section

Articles