To Be or Not to Be Modern?
Abstract
Contemporary French philosophers typically characterise modern Western thought as an egocentric assimilation of the Other by the Self. Similar to Western thought’s reductive relationship towards alterity, the relationship between Europe and Africa is, more often than not, seen as an asymmetric one of Europeanisation. The ethical dilemma being addressed in this essay concerns a possible way of interacting with the Other without necessarily violating or reducing its alterity. An ethical appeal demands a response, for ignoring the appeal and remaining silent amounts to “murdering” the Other. However, a response necessarily amounts to a violation. A critical analysis of two discourses on postcolonial Africa is conducted to address this dilemma: a political and urbanistic discourse. The first is that of the South African president, Thabo Mbeki’s briefing on the implementation of the Millennium Africa Renaissance Programme (MAP) at the World Economic Forum held on 28 January 2001. The urbanistic discourse is a study on the Nigerian city of Lagos performed by “The Harvard Design School Project” (HPC). Using a “comparative methodology” these two discourses are critically analysed in an effort to find an alternative African modernity, an ethical alternative that leaves the alterity of the Other intact.
Opsomming
Kontemporêre Franse filosowe tipeer moderne Westerse denke as ‘n egosentriese beweging waarin die Self die Ander assimileer. Soortgelyk aan Westerse denke se reduserende verhouding tot andersheid, word die verhouding tussen Europa en Afrika meestal beskou as ‘n asimmetriese betrekking waarin Afrika geëuropeaniseer word. Die etiese dilemma wat in hierdie essay aangespreek word het betrekking op ‘n moontlike wyse waarop die Self kan omgaan met die Ander sonder die noodwendige geweldpleging teen andersheid of verskraling van verskil. ‘n Etiese beroep vereis ‘n antwoord, want om die beroep te ignoreer en stil te bly beteken om die Ander te “vermoor”. Terselfdertyd kom ‘n antwoord noodwendig altyd neer op ‘n geweldpleging. Om hierdie dilemma aan te spreek word ‘n kritiese analise van twee diskoerse oor postkoloniale Afrika uitgevoer: ‘n politieke en urbanistiese diskoers. Eersgenoemde is die Suid-Afrikaanse president, Thabo Mbeki, se voorligting oor die implementering van die Millennium Africa Renaissance Programme (MAP), gelewer op die Wêreld Ekonomiese Forum, op 28 Januarie 2001. Die urbanistiese diskoers is ‘n studie oor die Nigeriese stad, Lagos, uitgevoer deur “The Harvard Design School Project” (HPC). Met behulp van ‘n “vergelykende metodologie” word hierdie twee diskoerse krities geanaliseer ten einde ‘n alternatiewe moderniteit vir Afrika te probeer vind, ‘n etiese alternatief wat die andersheid van die Ander ongedeerd laat.
Metrics
Downloads
Published
How to Cite
Issue
Section
License
Copyright (c) 2003 JLS/TLW
This work is licensed under a Creative Commons Attribution-ShareAlike 4.0 International License.