Die tekstualisering van die liggaam in Lady Anne1

Authors

Abstract

One of the central themes in Antjie Krog’s seventh volume of poetry, Lady Anne (1989), is the portrayal of the body. Several poems focus on the female body, the body as a writing instrument (in support of Cixous’s famous dictum), the interaction between the male and female body, the body as textualised object and the body of the Other. Interestingly enough, Krog does not opt for the traditional maternal metaphor for the writing process but employs obvious phallic metaphors to convey her poetic inclinations. Her preoccupation with the body and bodily metaphors is an intertextual response to that of Breyten Breytenbach. In Lady Anne the focus is in particular on the body of the Other(s) encountered at the Cape by the historical subject, Lady Anne Barnard. Finally, it is shown how the poem “jy word onthou vanweë …” is a culmination for all the perspectives on the body in the text as a whole.

 

Opsomming
Een van die sentrale temas in Antjie Krog se sewende digbundel, Lady Anne (1989), is die uitbeelding van die liggaam. Etlike gedigte handel oor die vroulike liggaam, die liggaam as ’n skryfinstrument (in aansluiting by Cixous se bekende opvatting), die wisselwerking tussen die manlike en vroulike liggaam, die liggaam as getekstualiseerde objek en die liggaam van die Ander. Interessant is die feit dat Krog nie die tradisionele moederskapsgerigte metafoor gebruik vir die skryfproses nie, maar duidelik gebruik maak van falliese metafore om haar poëtiese opvattinge te verwoord. Haar preokku-pasie met die liggaam en liggaamlike metafore is ‘n intertekstuele reaksie op dié van Breyten Breytenbach. In Lady Anne is die fokus veral op die liggaam van die Ander(e) wat aan die Kaap teëgekom is deur die historiese subjek, lady Anne Barnard. Ten slotte word aangedui hoe die gedig “jy word onthou vanweë ...” die kulminasiepunt is vir al die perspektiewe op die liggaam in die bundel as geheel.

 

 

Metrics

Metrics Loading ...

Author Biography

Marius Crouse, Stellenbosch University

Marius Crous voltooi sy doktorsgraad onder leiding van prof. Louise Viljoen aan die Universiteit van Stellenbosch in 2002. Sy bydrae is gebaseer op hierdienavorsing. Hy is tans verbonde aan die taaldiens van die Suid-AfrikaanseParlement en sy debuutbundel, "Brief uit die kolonies" verskyn eersdaags byProtea.

Downloads

Published

2003-03-01

How to Cite

Crouse, Marius. 2003. “Die Tekstualisering Van Die Liggaam in Lady Anne1”. Journal of Literary Studies 19 (1):1-17. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/12920.

Issue

Section

Articles