’n Ekologiese perspektief op ’n Nederlandse sprokie vir letterkunde-onderrig in Afrikaans

Authors

Abstract

The article focuses on a fairy tale by Godfried Bomans, “De rijke bramenplukker”, and the aim is to show how elements from fairy tales can address current environmental values in society. The writer discusses relevant intertexts and the context of the author, as well as the use of fairy tales as literary texts for the moral education of adolescents. The main argument is that literature can add to the sensitising of cultural (environmental) and aesthetic values in social contexts and therefore these types of fairy tales can form part of the secondary school curriculum, especially with the emphasis on the approach in the new outcomes-based education on the development of values and responsible citizenship. The hidden environmental perspective in the fairy tale is explored as a possibility for the experience of values in the teaching of Afrikaans literature. This text is useful in the Senior Phase (Grades 7-9) where fairy tales, as well as Dutch literary texts, may be prescribed for learners of Afrikaans.

Opsomming

In hierdie artikel word op ’n sprokie van Godfried Bomans, “De rijke bramenplukker”, gefokus, om aan te toon hoe daar deur middel van sprokie-elemente aan hedendaagse omgewingswaardes van die samelewing aandag gegee kan word. Die intertekste wat met dié sprokie verband hou, sowel as die konteks van die skrywer en die gebruik van sprokies as literêre tekste vir die morele opvoeding van die adolessent word bespreek. Omdat letterkunde kan bydra tot die sensitisering van kulturele en estetiese waardes in sosiale kontekste, behoort sodanige tipe sprokies plek te hê in die sekondêre skoolkurrikulum, veral waar daar in die nuwe uitkomsgebaseerde onderwysbenadering klem gelê word op die ontwikkeling van waardes en verantwoordelike burgerskap. Die verskuilde ekologiese perspektief in genoemde sprokie word ontgin as moontlikheid vir belewenis van omgewingswaardes in die Afrikaans letterkunde-onderrigsituasie. Die teks is veral bruikbaar in die senior fase (grade 7-9) waar Nederlandse werke en sprokies vir leerders van Afrikaans voorgeskryf kan word.

Metrics

Metrics Loading ...

Author Biography

Estelle Kruger, Stellenbosch University

Estelle Kruger doseer Afrikaans-onderrig by die Fakulteit Opvoedkunde aandie Universiteit van Stellenbosch sedert 2001. Sy het vir haar MA gespesiali-seer in die onderrig van Afrikaans as addisionele taal en is tans besig metnavorsing vir 'n PhD oor die gebruik van humormateriaal in die onderrig vanAfrikaans aan onderwysstudente.

Downloads

Published

2003-06-01

How to Cite

Kruger, Estelle. 2003. “’n Ekologiese Perspektief Op ’n Nederlandse Sprokie Vir Letterkunde-Onderrig in Afrikaans”. Journal of Literary Studies 19 (2):159-78. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/12947.

Issue

Section

Articles