Rehearsing Trauma: The Reader as Interrogator in Prison Narratives

Authors

Abstract

Accounts of detention survivors exert pressure on the theoretical framework that reserves a role for the reader in a post-Freudian hermeneutics of catharsis. In analysing the prison narratives of Ruth First and Emma Mashinini, I explore the position of the imagined reader in the complex dynamic at work when writing emerges from a position of woundedness. A reappraisal of the role of the imagined reader is warranted, in order to accommodate both the formative communality that operates in these texts and the complexity of a political context where "the public" is both ally and adversary, simultaneously enabling and complicating a survivor's self­construction.The task of asserting a new self in writing, to contest the criminalising "vocabulary" of the state security system, is both undermined and made all the more urgent by the overwhelming self-doubt which that system induces. Narrative self­construction can be thought of as an appeal as much as an assertion of self. The paradigm of trauma studies potentially enables attentiveness to the anxiety and vulnerability of detention survival. However, that attentiveness is undermined by theoretical abstractions that locate catharsis deep within individualised subjects and by attempts to imagine human connectedness across a generalised conceptual­isation of trauma.

 

Opsomming
Die verhale van oorlewendes van gevangehouding plaas druk op die teoretiese raamwerk wat vir die leser 'n rol reserveer volgens 'n post-Freudiaanse hermeneutiek van katarsis. In 'n analise van die tronknarratiewe van Ruth First en Emma Mashinini ondersoek hierdie artikel die posisie van die verbeelde leser in die komplekse dinamika wat in werking tree wanneer daar vanuit 'n posisie van verwonding geskryf word. 'n Herwaardering van die rol van die verbeelde leser is noodsaaklik om reg te laat geskied aan die vormende gemeenskaplikheid in hierdie tekste sowel as aan die kompleksiteit van die politieke konteks. Hierin is "die publiek" beide bondgenoot en teenstander omdat dit die oorlewende se self­konstruksie moontlik maak en terselfdertyd kompliseer. Die taak om deur te skryf 'n nuwe self te laat geld en die kriminaliserende "woordeskat" van die staats­veiligheidstelsel te betwis word ondermyn en raak al hoe dringender weens die oorweldigende selftwyfel wat hierdie sisteem teweegbring. Narratiewe self­konstruksie kan beskou word as 'n aansporing van die self sowel as ·n poging om die self te laat geld. Die paradigma van traumastudie het die potensiaal om 'n sensitiwiteit vir die angs en kwesbaarheid van gevangehoudingoorlewendes moontlik te maak. Hierdie sensitiwiteit word egter ondermyn deur enersyds teoretiese abstraksies wat katarsis diep binne ge'individualiseerde subjekte vind, en andersyds pogings om onderlinge menslike verbondenheid in 'n veralgemeende opvatting van trauma te verbeel. 

 

Metrics

Metrics Loading ...

Downloads

Published

2013-06-01

How to Cite

Young, Sandra. 2013. “Rehearsing Trauma: The Reader As Interrogator in Prison Narratives”. Journal of Literary Studies 29 (2):16 pages. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/14252.

Issue

Section

Articles