"Van daai plek": David Kramer, "Die ballade van Koos Sas", and the Ground of Being

Authors

Abstract

Opsomming
Hierdie artikel bespreek die historiese musikale drama "Die ballade van Koos Sas" (2007) as 'n belangrike werk in die oeuvre van die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer David Kramer. In die loop van die afgelope drie dekades het Kramer sy aandag toenemend begin vestig op die heterogene, multikulturele oorsprong van Afrikaans (as taal en as kulturele raamwerk), asook die omvangryke gevolge van die onderdrukking hiervan gedurende die opkoms en hooggety van wit Afrikaner nasionalisme in Suid-Afrika. lnsoverre Kramer se werk gemoeid is met 'n rekon­struksie van 'n gemene en heterogene volkstradisie - 'n gedeelde kulturele grond­slag - waarin die bepaalde karakter of topologie van die land 'n vormende rol speel, kan dit as hersienend en herstellend gesien word. Hierdie artikel ondersoek en belig Kramer se kritiek, d.m.v. die Sas legende, van die ideologiese strukture en afbeeldingstegnologiee wat saamspan om die onderwerping van hierdie weer­spannige en outonominerende "laaste Bushman" en sy wereld te vermag, onder andere deur identiteite en verhoudings vas te le en te abstraheer, en sodoende van die ervaringswereld te vervreem. Ek voer aan dat Kramer se alternatiewe weergawe van die legende kritiek !ewer op die taksonomiee en ideologiese imperatiewe van kulterele geheue as geskiedenis. 

Metrics

Metrics Loading ...

Downloads

Published

2010-06-01

How to Cite

de Villiers, Dawid W. 2010. “"Van Daai plek": David Kramer, ‘Die Ballade Van Koos Sas’, and the Ground of Being”. Journal of Literary Studies 26 (2):11 pages. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/14956.