Transgressions: a quantum approach to literary deconstruction

Authors

Abstract

Deconstruction has not taken root in the Anglo-Saxon world and is generally treated with suspicion outside France because it threatens the comfortable certainty of language and meaning. Both the terms of reference and the development of deconstruction can be compared to the development in the natural sciences of quantum physics and the theory of relativity. Quantum physics has absorbed and transcended the Newtonian notion of a stable physical world by advocating that light consists of both particles and waves. This seemed in traditional terms to be impossible: it was advocating two mutually exclusive forms of 'being'. What this meant in philosophy (and literature) was that reality was no longer perceived as stable and predictable. The word or the sign was no longer simply seen as a reflection of reality (particle) but played an active part in creating 'reality' (wave). Subsequently modern theorists have entered the myriad worlds of interpretations - a state of transgression (Derrida) or permanent revolution (Trotsky). The application of decons­truction is not a destruction of reality but rather a deconstruction: meaning is posited as referential and changing and not as non-existent. The implications for literary studies is that a notion such as character, for example, can no longer be seen as a single, self­enclosed unit/essence, but is rather relational. Likewise narrative is part of, but different from, the story. In short, the convergence of text and reader brings the literary work 'into existence' (Iser), in the same way that the scientist cannot observe reality without changing it.


Opsomming
Dekonstruksie het nie in die Angel-Saksiese wereld inslag gevind nie en word oor die algemeen buite Frankryk met agterdog bejeen omdat dit die knusse sekerheid van taal en betekenis bedreig. Sowel die verwysingsraamwerk as die ontwikkeling van dekonstruksie kan vergelyk word met die ontwikkeling in die natuurwetenskap van Kwantumfisika en die relatiwiteitsteorie. Kwantumfisika het die Newtoniaanse opvattings van 'n stabiele fisiese wereld geabsorbeer en getransendeer deur te verkondig dat lig uit sowel partikels as golwe bestaan. In tradisionele terme het dit onmoontlik gelyk: daarmee is twee wedersyds uitsluitende vorm van 'syn' erken. Die implikasie in filosofie (en literatuur) was dat die werklikheid nie langer as stabiel en voorspelbaar waargeneem is nie. Die woord of die teken is nie meer eenvoudig waargeneem as 'n weerspieeling van die werklikheid (parti­kel) nie, maar het 'n aktiewe rol gespeel in die skepping van die 'werklikheid' (golf). Sedertdien het moderne teoretici die menige werelde van interpretasies betree - 'n staat van oortreding (Derrida) of 'n permanente revolusie (Trotsky). Die toepassing van dekon­struksie is nie 'n destruksie van die werklikheid nie, maar eerder 'n dekonstruksie: betekenis word aanvaar as referensieel en veranderlik, en nie as afwesig nie. Die implikasies vir die literatuurstudie is dat 'n konsep soos bv. karakter nie langer gesien kan word as 'n enkele, selfbeslote eenheid/essensie nie, maar as iets wat deur verhoudings bepaal word. Desge­lyks is die vertelling deel van, maar ook verskillend van, die verhaal. Kortweg: die byeen­bring van teks en leser bring die literere werk 'tot bestaan' (Iser), op dieselfde wyse as wat die natuurwetenskaplike nie die werklikheid kan waarneem sonder om dit te verander nie.

Metrics

Metrics Loading ...

Downloads

Published

1985-07-01

How to Cite

Brink, Andre. 1985. “Transgressions: A Quantum Approach to Literary Deconstruction”. Journal of Literary Studies 1 (3):17 pages. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/16042.