Reader clues in the text of Galatians

Authors

Abstract

The article argues that the Epistle to the Galatians offers clues to its readers on various levels of the text. After some general methodological remarks, the rhetorical situation of the letter is analysed. Paul finds himself in a totally disadvantaged position with regard both to the Jerusalem leaders and to the Galatians believers. He meets this challenge by employ­ing rhetorical devices on at least four levels. Firstly, on the syntactic-rhetorical level he uses pronominal to increase or decrease textual space between him and his readers. A skillful use of rhetorical questions enables him to retain the upper hand in the argument while he avoids the problems posed by the phenomenon of the double reader. Secondly, on the level of cultural codes, he uses the common presuppositions shared by his readers to turn their arguments concerning the priority of the law around and to present irrefutable evidence for his viewpoint. Thirdly, on the level of the semantic universe of the text, the author creates a new set of social values and interrelations with which his readers can identify and which make a shift in perspective possible. Fourthly, the text of Galatians offers examples of how gaps are created, which invite the participation of the reader and which represent a shift from a casuistic to a participatory style of ethics.

Opsomming
Die doel van die artikel is om aan te toon hoe die brief aan die Galasiers op verskillende vlakke in die teks leseraanduidinge vir die ontvanger bied. Na metodologiese opmerkinge van algemene aard word die retoriese situasie van die brief geanaliseer. Paulus bevind horn in 'n baie lastige posisie sowel teenoor die leiers in Jerusalem as teenoor die gemeentelede in Galasie. Hy hanteer hierdie probleem deur van retoriese tegnieke ge­bruik te maak wat op ten minste vier vlakke van die teks funksioneer. Eerstens, op die sintakties-retoriese vlak, maak hy gebruik van pronomina om die tekstuele afstand tussen horn en sy lesers te vergroot of te vernou. 'n Behendige hantering van retoriese vrae stel horn in staat om weer eens die inisiatief in die argument te herwin, terwyl hy daarin slaag om die probleme wat die verskynsel van die dubbele leser aan horn stel te oorkom. Tweedens, op die vlak van kulturele kodes, steun hy op die gedeelde voorveronderstel­lings met sy lesers om hul argument oor die prioriteit van die wet om te draai en dit as getuienes in sy guns aan te voer. Derdens, op die vlak van die ''wereld" van die teks, open die skrywer 'n nuwe perspektief op die werklikheid deur 'n nuwe waardestelsel en onder­linge verhoudingspatroon voor te stel waarmee sy lesers hulle kan vereenselwig. Vierdens bied die teks van Galasiers treffende voorbeelde van gapings wat in die teks geskep word wat die deelname van die leser stimuleer en sodoende die oorgang van 'n kasui"stiese na 'n deelnemende etiese styl moontlik maak.

Downloads

Published

1987-03-01

How to Cite

Lategan, Bernard. 1987. “Reader Clues in the Text of Galatians”. Journal of Literary Studies 3 (1):13 pages. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/16656.

Issue

Section

Articles