Spieel, kamer van spieels: Oor Postmodernisme en representasie
Abstract
This essay tries to define representation in Postmodern texts, departing from the central metaphor of the mirror and the idea of art being a mirror image of nature. Postmodernism has replaced nature by a hyperreality, a procession of simulacra. Representation is, however, extremely ambivalent, oscillating between discovering an essence and obscuring the Truth. Derrida (1982) analyzes representation as the move whereby the Original Full Being sends out its lieutenants or delegates. Representation is thus secondary, a derivation of the real. By emphasizing their representational status postmodern texts exacerbate this problematic or deny its validity. Derrida sharply criticizes the view that representations are secondary, because a thing can only be conceptualized in a frame of reference and "pure" experience presupposes iterability. Does a postmodern text like Dan Roodt's Sonneskyn en chevrolet (Sunshine and chevrolet) then "say" anything, discover any essence? An analysis of different representations and commentaries on representation in this text show that it can be read as a critique of the unfettered production of representations and of the production of subjectivity by subjecting a series of victims.
Opsomming 
Hierdie opstel is 'n poging om representasie in die Postmodernisme nader te omskryf, uitgaande van die kernmetafoor spieel en die idee van kuns as weergawe of spieelbeeld. Verskillende soorte weerspieeling word kortliks onderskei. In die Postmodernisme het natuur as voorwerp van weergawe plek gemaak vir 'n hiperwerklikheid, 'n prosessie van namaaksels, 'n reeks representasies. Dit illustreer die ambivalensie van representasie wat huiwer tussen weergawe van die essensie en afskaduwing van die ware. Volgens Derrida (1982) se analise vertolk representasie die gebaar waarmee die Oorspronklike Volle Syn sy afgesante of verteenwoordigers uitstuur. Dit is dus per definisie sekond6r, afgeleid. Postmoderne werke onderstreep egter doelbewus hulle gemaaktheid, wat die kwessie van afgeleidheid verskerp en selfs ontken. Hierdie afgeleidheid van representasie word egter skerp deur Derrida gekritiseer, omdat enige ding net binne 'n raamwerk gekonseptualiseer kan word en "suiwer" ervaring reeds herhaalbaarheid veronderstel. Die vraag is dus of daar in 'n Postmodernistiese roman soos Sonneskyn en chevrolet van Dan Roodt nog enige "waarheid" (sin blootgel6 deur die representasieproses) kan wees. Uit 'n analise van die voorstellings en die kommentaar op voorstellings in hierdie teks blyk dat dit gelees kan word as 'n kritiek op die ongebreidelde voorstellingsvermoe van die mens en op die vorming van subjektiwiteit deur die onderwerping van verskillende slagoffers.
Downloads
Published
How to Cite
Issue
Section
License
Copyright (c) 1988 JLS/TLW

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-ShareAlike 4.0 International License.
