Die teks as interteks: 'n paradoks ('n misleidende titel)

Authors

Abstract

This article focuses on the problem of text relations. Various aspects of this extensive subject were investigated, and it was found that the view of the text as intertext and the reading strategy that it implies indeed benefit the reader.
The theory was implemented practically with the description of two cases of intertextual­ity, viz. Multatuli's Wys my de plaats waar ik gezaaid heb and Leipoldt's "Wys my die plek waar ons saam gestaan het" as well as Hettie Smit's Sy kom met die sekelmaan and a series of poems by Lina Spies from Digby vergenoeg.
The article endeavours to indicate how existing interpretations can be destabilised by this reading strategy, since the reader is compelled to view all the texts which are involved in the intertextual network anew.

Opsomming
In hierdie artikel word die probleem van teksrelasies onder die loep geneem. Verskeie aspekte van die wydvertakte onderwerp is ondersoek en daar is bevind dat die siening van die teks as interteks en die leesstrategie wat dit noodsaak vir die leser sekere voordele inhou.
Die teorie is prakties gei'mplementeer deur twee gevalle van intertekstualiteitte beskryf, te wete Multatuli se Wys my de plaats waar ik gezaaid heb en Leipoldt se "Wys my die plek waar ons saam gestaan het", asook Hettie Smit se Sy kom met die sekelmaan en 'n reeks gedigte in Lina Spies se bundel Digby vergenoeg.
Daar is gepoog om aan te toon hoe bestaande interpretasies met die leesstrategie gedestabiliseer kan word juis omdat die leser gedwing word om met nuwe oe te kyk na alle tekste wat in die intertekstuele netwerk betrek word.

Author Biography

Elsa Nolte, University of Pretoria

Elsa Nolte is medeprofessor in die Departement Afrikaans van die Universi­teit van Pretoria. Sy doseer oorwegend Afrikaanse en Nederlandse prosa en het veral op die gebiede teksgerigte studies gepubliseer.

Downloads

Published

1989-03-01

How to Cite

Nolte, Elsa. 1989. “Die Teks As Interteks: ’n Paradoks (’n Misleidende Titel) ”. Journal of Literary Studies 5 (1):27 pages. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/17757.

Issue

Section

Articles