Die narratologie in die kontemporere Suid-Afrikaanse literatuurstudie Narratology in Contemporary South African Literary Studies
Abstract
In die laaste helfte van die twintigste eeu, vind 'n beduidende gedeelte van akademiese literer-teoretiese aktiwiteit plaas na aanleiding van verhalende tekste.
Die redes hiervoor is waarskynlik tweerlei van aard. In die eerste plek is dit so dat daar 'n groot hoeveelheid verhalende fiktiewe tekste geskryf en gepubliseer word (veel meer as poesietekste) en dat, afgesien van die formele bestudering van werke met 'n spesifiek literere aanslag (vir saver so iets bepaalbaar of gel dig sou kon wees), die lees van verhalende prosa 'n gewilde vorm van ontspanning geword het. Fiktiewe verhalende tekste in die vorm van geskrewe prosa, hetsy meer of minder populer, word verder aangevul deur die oorvloed van verhalende tekste in visuele vorm - die filmindustrie en die baas oordadige televisiebedryf produseer en vertoon "stories" teen 'n volgehoue en winsgewende tempo. Die feit dat ontspanningsromans in kortverhale in tydskrifte sowel as films en televisiereekse van watter aard ookal deur groat hoeveelhede mense "verbruik" word, dat die bedryf wat hierdie tekste produseer en verhandel finansieel sterk en lewenskragtig is, kan gesien word as 'n bewys van die beduidende rol wat sulke tekste speel in die lewens van gewone mense. 'n Mens sou byna kon praat van hipertrofiese aanbod van verhalende tekste, want mense kan van die more tot die aand na die gebeure in fiktiewe karakters se lewens kyk, of daaroor lees, sodat 'n eie lewe in die gewone werklikheid heeltemal kan opgaan of oplos in fiktiewe werelde.
Downloads
Published
How to Cite
Issue
Section
License
Copyright (c) 1993 Heilna Du Plooy

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-ShareAlike 4.0 International License.