Die status van die geskiedenis in die werk van Jacques Derrida1

Authors

Abstract

Some critics of the French philosopher, Jacques Derrida, have labelled his work as ahistorical and apolitical. In this article Derrida's views on, among others, textuality, differance and metaphysics are scrutinized for the implications they may have for history: the strategic objective of Derrida's statement that there is nothing outside the text, is to demonstrate that reality can be approached only by an interpretative experience. The role of the temporal dimension in differance is stressed: the process of signification cannot be realized without the play of retentions from the past. Derrida problematizes the logocentric, metaphysical concept of history and suggests a plural, heterogeneous apprehension of history. Although Derrida's deconstruction does not include an extensive social theory, hardly any penetrating historical inquiry, whether literary or historiographical, can ignore Derrida's compelling challenge to history.

 

Opsomming
Die Franse filosoof, Jacques Derrida, word soms daarvoor gekritiseer dat sy werk ahis­tories en apolities is. In hierdie artikel word Derrida se opvattings oor, ender meer, tekstualiteit, differance en die metafisika ondersoek en word daar tel kens gekonsentreer op die implikasies wat Derrida se denke vir die geskiedenis inhou: die strategiese oogmerk van Derrida se stelling dat daar niks buite die teks is nie, is om aan te toon dat die werklikheid slegs deur middel van 'n interpretatiewe ervaring benader kan word. Wat differance betref, word gewys op die rol van die temporele dimensie: die betekenings­proses vereis die samespel van retensies uit die verlede. Derrida problematiseer die logosentriese, metafisiese konsep van die geskiedenis en lewer 'n pleidooi vir 'n plurale, heterogene geskiedenisbegrip. Alhoewel Derrida se dekonstruksie nie oor 'n uitgebreide sosiale teorie beskik nie, kan 'n indringende bemoeienis met die geskiedenis, hetsy literl!r of historiografies, nouliks ontkom aan sy uitdagende perspektiewe op die geskiedenis.

Author Biography

Andries Visagie, Stellenbosch University

Andries Visagie is 'n M.A.-student by die Departement Afrikaans en Neder­lands aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy sit tans sy studie in Nederland aan die Universiteite van Utrecht en Leiden voort. Sy navorsingsveld is die postmodernistiese literatuur in Afrikaans en Nederlands en hy stet veral belang in die visie op die geskiedenis wat in die postmodemistiese fiksie voorkom. 

Downloads

Published

1994-06-01

How to Cite

Visagie, Andries. 1994. “Die Status Van Die Geskiedenis in Die Werk Van Jacques Derrida1”. Journal of Literary Studies 10 (2):22 pages. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/22465.

Issue

Section

Articles